Tuesday 29 April 2014

Vir onmiddellike vrystelling: SAKK Militêre Veterane sluit aan by Patriotic Alliance



Dinsdag 29 April, 2014

Vir onmiddellike vrystelling: SAKK Militêre Veterane sluit aan by Patriotic Alliance

Patriotic Alliance (PA) is trots om vandag aan te kondig dat dit ’n formele vennootskap met die SA Kaapse Korps Militêre Veterane geteken het.

Hierdie alliansie is baie betekenisvol omdat die SAKK meer as 72 000 lede in die Wes-Kaap het met honderde duisende meer regoor Suid-Afrika. Hul vermoë om lede te mobiliseer en om verdere ondersteuning te werf, veral in bruin gemeenskappe landswyd, is ongetwyfeld. Ou SAKK soldate bewys nog steeds militêre dissipline en werksetiek en geniet ook die respek van hul gemeenskappe.

Die Kaapse Korps en sy voorgangers se militêre geskiedenis het in 1781 begin. Hul geskiedenis weerspieël die geskiedenis van bruin mense in die algemeen, en daarom is PA so trots om met die SAKK ge-assosieer te word. Dit is die eerste keer in hulle geskiedenis dat die Kaapse Korps hulself openlik aan enige politieke organisasie heg.

Lillian Wakkies, die president van die SAKK Militêre Veterane Vereniging, sê: "Ons as die SAKK het reeds maande gelede besluit dat ons met PA moet werk. PA is die eerste party wat alles doen en sê wat ons in 'n politieke organisasie soek. Ons bruin mense was nog nooit so oor die hoof gesien nie en PA sal ons politieke stem in die Parlement wees na die 7de Mei se verkiesing. Ons moedig al ons bruin mense, wie teen die tyd al moeg is vir dieselfde ou beloftes van die ander partye, om saam te staan ​​en PA te ondersteun.

"Die departement van militêre veterane vat so lank om ons die nodige erkenning te gee. Ons sertifikaat, wat die minister moes uitreik, is nog steeds nie uitgereik nie. Dit is 'n voorbeeld van hoe ons bruin mense eenvoudig nie as belangrik genoeg geag word nie. Die MK veterane kry boonop sakegeleenthede en gaan net vorentoe.

"Maar dis nie net ons militêre veterane wat verdien om erkenning te kry nie. Die eienaarskap van ons stadsraad woonstelle moet oorgeteken word aan ons mense en PA sal verseker dat ons as gelyke burgers behandel word waar PA regeer."

President van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, sê: "Die SAKK is trotse soldate wie toegewyd werk om hul gemeenskappe op te hef. Hulle het vir hierdie land geveg, maar kry vandag nie die erkenning en respek wat hulle toekom nie. Ek bewonder hul ondersteuning vir hierdie party, omdat hulle Patriotic Alliance vir ’n groter doel wil laat groei. Hulle wil sien hoe bruin mense in die algeheel 'n politieke stem verkry en beheer terug vat vir hulle eie toekoms. Dit het nog nooit in Suid-Afrika gebeur nie."

Die Patriotic Alliance is 'n nie-rassige party met sy wortels in die bruin gemeenskap. Reg bo aan die party se agenda is die belange en probleme van die bruin gemeenskappe en om dit so spoedig as moontlik reg te stel. Dit party geniet tans die ondersteuning van kerk groepe, burgerlike organisasies en Khoisan-leiers regoor die Wes- en Noord-Kaap. In die laaste ses maande het PA vinnig ontwikkel van sy vredemaker rol onder gemeenskappe wat deur bendegeweld geteister word. Die party geniet reeds sterk politieke teenwoordigheid en sal na verwagting sterk vertoon by die stembus op 7 Mei.

Ten spyte van die party se agtergrond, werf dit lede van alle ras en ekonomiese groepe en het breë beleide vir die skepping van 'n meer gelyke, polities en sosio-ekonomies regverdige Suid-Afrika. Die party wil Swart Ekonomiese Bemagtiging in maatskappye verander om seker te maak dat bemagtiging alle voorheen-benadeelde Suid-Afrikaners direk baat.

Om direk met SAKK president Lillian Wakkies te praat, is haar nommer 071 371 1694.

Vir enige verdere onderhoude rakende PA, kontak woordvoerder Charles Cilliers by 079 127 1575.


UITGEREIK DEUR PATRIOTIC ALLIANCE

No comments:

Post a Comment